Monday, December 26, 2016

Maak my onvervloekbaar

Hoe't ek hier gekom om so te doen nog voor ek dink? Dit is nie eens agressie nie net reaksie op ʼn skrik. Die mates wat jy praat met my uit die kwaad wat jy besit,
Het my gedruk en toe ek doen het ek geskrik. Wat het dan geword van my ons bly net stry, baklei? Hoekom bly jy dan so kwaad is dit die kind wat jy het van my? Liewe Vader God die lewe in my bloed. Is ek dalk nou vervloek en is dit nog die hemel wat ek soek? Waarnatoe lei ek my lewe? Hemelse Vader God kom vat die wiel. Kom sit my weer op die regte pad en gryp en red my siel. Jesus ek smeek jou gun en gee vir my verhoor en gehoor en dra my my boodskap aan God die Vader oor... Kom help en wêrk en leef in my verhouding ek vrees die liefde gaan verloor. Verlos my van my duiwels en vervloeke op my lewe ooral oor... 

No comments: